Ruan van Heerden (20) het Dinsdag in die streekhof in Pretoria beken dat hy in Januarie 2020 betrokke was in die voorval waar sy ouers met ’n mes en ’n gholfstok aangeval is.
Hy het kragtens ’n pleit- en vonnisooreenkoms skuld beken op ’n aanklag dat hy sy ma, Magda, vermoor het.
Sy is verskeie kere met ’n mes gesteek en in Oktober 2021 dood weens komplikasies van die beserings wat sy opgedoen het.