Twee mans wat weens die moorde op ’n paartjie van Sasolburg in hegtenis geneem is, het Donderdag hul borgtogaansoek laat vaar.
Stanley Ligena (25) en Sithembisa Hlangwane (28) het bedees voorgekom tydens hul verskyning in die plaaslike landdroshof.
Die staat voer aan die twee was betrokke by die moorde van Annie Liebenberg (63) en haar kêrel, Michael Zantow (65), in Augustus. Hulle is vermoedelik al op 20 Augustus in Sasolburg vermoor, maar hul lyke is onderskeidelik op 22 en 23 Augustus gevind.