Die SAUK gaan moontlik beveel word om belangrike video-opnames van die noodlottige gebeure drie dae voor die Marikana-slagting aan die hof te oorhandig.
Die hooggeregshof in Mafikeng in Noordwes het tydens ’n verhoor gehoor dat die SAUK Dinsdagaand videobeelde uitgesaai het van tonele wat gelei het tot die dood van twee polisielede en drie stakende mynwerkers by die K3-skag van Lonmin in Marikana.
Die SAUK het ook glo geweier om afskrifte van die beeldmateriaal aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te oorhandig voor aanvang van die verhoor.