’n Voormalige senior polisiebeampte wat as ’n sleutelgetuie bestempel is in die verhoor van vyf mans wat aangekla word van die moord op die Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, is dood.
Volgens inligting is Philani Ndlovu Woensdag oorlede. Die oorsaak van sy dood is onbekend.
News24 berig Ndlovu se betrokkenheid by die saak spruit voort uit inligting wat hy na bewering oor die skieter ontvang het.