Die regsgeldigheid van die verpligte inenting teen die koronavirus wat werkgewers toenemend van hul werknemers verwag, kan waarskynlik in ’n paar howe in die land getoets word. Dit kom nadat die vakbond Solidariteit bekend gemaak het hy beplan minstens vier groot hofsake daaroor.
Die eerste een is in die hooggeregshof in Bloemfontein, waar Solidariteit en sy jeugtak, Solidariteit Jeug, die Universiteit van die Vrystaat (UV) en sy raad hof toe sleep oor die universiteit se inentingsbeleid wat op 14 Februarie vanjaar in werking tree.
Solidariteit hou Woensdag ’n mediakonferensie waarop verdere besonderhede daaromtrent bekend gemaak sal word.