Die staat gaan by die nasionale direkteur van openbare vervolging aansoek doen om al die aanklagte teen Jaco Cloete (46), ’n voormalige finansiële makelaar van Bloemfontein, in een hof in die stad te verhoor.
Vic de Bruyn het namens die staat eers voor landdros Carmen Parks in die streekhof en daarna voor landdros Tami Cacela in die landdroshof gesê hy wil aansoek doen dat die sake teen Cloete gesentraliseer word omdat van dié beweerde misdrywe glo buite die jurisdiksie van die streekhof in Bloemfontein gepleeg is.
Die verhoor van Cloete, wat nou in Melkbosstrand woon, is tot 21 April uitgestel om ’n sertifikaat vir die sentralisering te bekom.