Xander Bylsma gaan hom nou tot die appèlhof in Bloemfontein wend om sy skuldigbevinding en lewenslange vonnisse weens twee moorde te probeer omkeer.
Dít volg nadat regter Ronald Hendricks Donderdag sy aansoek om verlof tot appèl in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, van die hand gewys het.
Bylsma (21) hou steeds vol dat hy nié vir Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in Mei 2018 vermoor het nie. Die twee boesemvriendinne is in hul koshuis by die Hoërskool Stella verwurg.