Die verhoor van die man wat die agtjarige Tazne van Wyk na bewering verkrag en vermoor het, sal eers Maandag hervat word.
Dit is nadat twee verhoorafwagtende beskuldigdes vir Moehydien Pangaker (57) Maandag op pad hof toe in ’n polisievangwa aangeval het.
Waarnemende regter Alan Maher het beveel dat Pangaker mediese behandeling vir sy beserings moet kry.