Die eienaarskap van ’n vuurwapen is verhewe bo die lisensiëring daarvan en ’n vuurwapen bly die eiendom van die eienaar, al het die lisensie daarvan verstryk.
Dít is die kort en die lank van ’n waterskeidingsuitspraak in die konstitusionele hof in Johannesburg Vrydag in die guns van Fidelity Guards.
Martin Hood en adv. Marius Snyman SC het Fidelity Guards in die regstryd van ses jaar lank verteenwoordig.