’n Uitstel van twee weke in die strafregtelike verhoor van oudpres. Jacob Zuma in die wapenskandaal-saak behoort nie ’n wesenlike invloed op die verhoor te hê nie.
En Zuma se regspan was nie verkeerd nie; die ideale omstandighede is dat ’n aangeklaagde fisiek in die hof moet wees vir ’n strafregtelike verhoor.
Maar wat die Zuma-regspan nie nou kan doen nie, is om die beslissing van regter Piet Koen, dat die saak vir twee weke uitgestel word, op appèl te neem – wat ’n baie langer sloerdery in die verhoor sou kon beteken as om die saak tot 10 Augustus uit te stel.