Die man wat Donderdag in die hof sou verskyn vir die besit van gesteelde eiendom wat glo aan die ontvoerde Shireen Essop (32) behoort, gaan nou eers Vrydag sy eerste hofverskyning maak.
Dit blyk dat ’n probleem met die tref van die nodige reëlings tussen die polisie en departement van justisie daartoe gelei het dat die 28-jarige man nou eers ’n dag later in die landdroshof in Kaapstad gaan verskyn
Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die man kan nog nie met die ontvoering verbind word nie. Hy wou egter nie bekend maak watter eiendom gevind is nie.