Vermeende bendeleier in hof ná hy polisie maande lank ontduik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Yanga Edrey Nyalara is Donderdag in Bothasig in hegtenis geneem. Die polisie het in Maart vanjaar ’n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei.  Foto: Verskaf
Yanga Edrey Nyalara is Donderdag in Bothasig in hegtenis geneem. Die polisie het in Maart vanjaar ’n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei. Foto: Verskaf

’n Vermeende bendeleier van Khayelitsha het Maandag op onder meer 19 aanklagte van moord in die landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hy die polisie maande lank ontduik het.

’n Span speurders, wat aangestel is om ’n vlaag moorde in Khayelitsha te ondersoek, het Yanga Edrey Nyalara, ook bekend as Bara, Donderdag aangekeer. Hy is vasgetrek terwyl hy glo ’n dwelmtransaksie in Bothasig in Kaapstad se noordelike voorstede beklink het.

Hy staan tereg ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad deurdat hy na bewering van 15 Mei 2021 tot 30 Junie vanjaar in Khayelitsha en Goodwood deel van misdaadbendes was. Hy staan ook op vier aanklagte van poging tot moord, vier van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en drie van die onwettige besit van ammunisie tereg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.63
-0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.02
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,792.82
+0.2%
Silwer
20.64
-0.2%
Palladium
2,199.50
-2.0%
Platinum
941.00
-0.4%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos