Daar is geen bewyse dat George Barkhuizen sy vrou vermoor het nie.
Barkhuizen dien reeds sy vonnis van lewenslange tronkstraf op dié aanklag uit.
Woensdag het ’n volbank regters in die hooggeregshof in Johannesburg sy skuldigbevindings en vonnisse op die moord en twee ander aanklagte tersyde gestel.