Die saak teen ’n voormalige werknemer van die Mediclinic Klein-Karoo in Oudtshoorn wat van poging tot moord aangekla word, is tot Februarie uitgestel vir ’n datum in die streekhof.
Christina (Christa) Boshoff (60) het Maandag in die landdroshof in Oudtshoorn verskyn, waar die saak tot 1 Februarie uitgestel is.
Volgens die polisie was die voorval op 25 Augustus verlede jaar om 19:00. Boshoff was destyds ’n lid van die Mediclinic Klein-Karoo se verpleegpersoneel.