’n VF Plus-kandidaat in die munisipale verkiesing vir Sasolburg het Dinsdag in die landdroshof op die dorp verskyn op ’n aanklag van poging tot moord nadat hy glo Saterdagaand verskeie kere op sy vrou geskiet het.
Hennie (Lappies) Labuschagne (55), ’n voormalige verkeerskonstabel van die Sasolburg-munisipaliteit, besit die Wild Stallion Restaurant, Pub, Car Wash and Venue in Sasolburg saam met sy vrou, Lulu.
Die VF Plus het by navraag gesê die party veroordeel enige geweld en neem die voorval ernstig op. Daadwerklike optrede sal volg hangende die uitslag van die strafregtelike saak.