’n Vrou wat ’n organisasie in die Table View-gebied in Kaapstad bedryf wat gesinne in nood bystaan, verskyn Donderdag op aanklag van bedrog in die hof.
Die 46-jarige vrou is nie in hegtenis geneem nie, maar gewaarsku om in die landdroshof in Kaapstad te verskyn, het AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, Woensdag aan Netwerk24 gesê.
Die vrou het na bewering geld wat aan die organisasie sonder winsbejag geskenk is, vir eie gewin gebruik en ook onder valse voorwendsels gevra dat die publiek geld skenk.