Oomblikke voordat sy deur drie mans verkrag en vermoor is, het die bejaarde Anne Ferreira (83) nog vir die kamstige bedelaars toebroodjies in haar kombuis gemaak.
Gruwelike besonderhede oor die laaste oomblikke van Ferreira se lewe, wie se moord in 2018 op Moedersdag bekend geword het, is Donderdag in die streekhof in Gqeberha aangehoor.
Die inligting is deur Sizwe Jika (29) gegee wat tans lewenslange tronkstraf vir sy rol in Ferreira se moord uitdien.