’n Voormalige bestuurder en voorsitter van die raad van die Welkom Retirement Village, Beverley-Ann Shahia (72), is deur die Vrystaatse hooggeregshof tot ’n onwettige inwoner van dié oord vir bejaardes verklaar.
Sy is deur ’n bevel van waarnemende regter André Berry tot 31 Maart gegun om die huis wat sy in die oord in Jan Cillierspark in Welkom bewoon, te ontruim, anders moet die balju haar uitgooi.
Die balju is ook deur die bevel gemagtig om die hulp van die polisie te gebruik om haar uit te sit as hy dit nodig ag.