Die vrou wat glo agter ’n rassistiese stemnota is wat verlede week die ronde op WhatsApp begin doen het, is Saterdag in hegtenis geneem.
Die 60-jarige vrou, glo van Benoni, is op dieselfde dag op waarskuwing vrygelaat en aangesê op 27 Maart in die hof te verskyn, sê brig. Brenda Muridili, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng.
“Die polisie ondersoek ’n klag van crimen injuria,” sê sy.