’n Boer van Koppies is Maandag in die rondgaande hof in Kroonstad op 31 aanklagte van bedrog en diefstal skuldig bevind.
Regter Lanie Opperman het bevind dat Corné Loggenberg (38) beleggers landwyd mislei het en dat die staat bewys het dat hy skuldig aan bedrog en diefstal is.
Loggenberg het mense gewerf om melkkoeie aan te koop wat hy dan in sy melkery op die plaas Kirkdale buite Koppies gebruik het.