Die verhoor waarin die twee Gupta-broers Atul en Rajesh in die Vrystaatse hooggeregshof aangekla word, gaan hoogs waarskynlik nie vroeg in volgende jaar kan begin soos wat beoog is nie.
Dit het Vrydag uit die hofverrigtinge geblyk.
Die moontlikheid is ook genoem van ’n aansoek om vervolging te staak teen Ronica Ragavan en die Gupta-maatskappy Islandsite Investment 180 indien die staat nie daarin kan slaag om nadere besonderhede oor die aanklagte teen hulle te verskaf nie. Indien dié aansoek sou slaag, is dit te betwyfel of Rajesh en Atul verder aangekla sal word.