Die sakeman Mark Lifman vra in hofstukke dat sy saak van dié van die res van die beskuldigdes in die Brian Wainstein-moordverhoor geskei word.
Lifman het Vrydag saam met Jerome (Donkie) Booysen, André Naudé, Sam Farquharson, Wayne Henderson en nege vermeende lede van die 27-bende in verband met die moord op Wainstein, Kaapstad se “steroïede-koning”, in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.
Wainstein is op 17 Augustus 2017 in sy huis in Constantia doodgeskiet.