’n Voormalige plaaswerker en sy makker is albei deur die hooggeregshof in Oos-Londen lewenslange tronkstraf opgelê weens die moord op ’n Oos-Kaapse boer.
Die 48-jarige Shaun Krull se plaaswerkers het op 20 September 2019 sy lyk met steekwonde in die veld op sy plaas buite Oos-Londen aangetref. Hy is die vorige aand reeds vermoor.
Zolani Losi (26), voormalige werker van Krull, asook Vizicelo Wokisi (27) en Xhanti Ndingane (30), wat in dieselfde nedersetting naby Middledrift woon, is in verband met Krull se moord aangekeer.