Nie net die Kaapstad-metro nie, maar die hele Wes-Kaap as ’n provinsie het ’n interdik in die hooggeregshof in Kaapstad bekom dat deelnemers Maandag aan die EFF se #NationalShutdown-betogings niemand mag teister, intimideer of enige skade aanrig nie.
Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het Vrydag daarin geslaag om as ’n party toe te tree tot die metro se hofaansoek teen die EFF.
Regter Mark Sher het ’n interdik toegestaan dat deelnemers aan die protesaksie nie besighede mag dreig of enige skade aan enige openbare of private eiendom mag aanrig nie.