Dit was eers nadat die News24-joernalis Karyn Maughan se berig gepubliseer is dat oudpres. Jacob Zuma se familie gehoor het hy is siek.
So het Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob G. Zuma-stigting, Woensdag by die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan Netwerk24 gesê.
“Selfs ek het deur dié berig uitgevind dat Zuma siek is,” sê Manyi.