Volgens oudpres. Jacob Zuma het Arthur Fraser, gewese kommissaris van korrektiewe dienste, sy lewe gered deur mediese parool aan hom toe te staan.
“Ek is dankbaar daarvoor. Sonder so ’n ingryping sou ek moontlik nie geleef het om hierdie beëdigde verklaring af te lê nie,” sê Zuma in sy aansoek aan die konstitusionele hof in Johannesburg om toe te tree tot ’n hofgeding oor sy mediese parool.
Hy glo ook nie dat sy mediese parool onwettig, irrasioneel of ongrondwetlik was nie.