Indien sy appèl misluk, vra oudpres. Jacob Zuma dat die appèlhof in Bloemfontein moet beveel dat die kommissaris van korrektiewe dienste dit weer eens moet oorweeg om hom op mediese parool uit te laat.
’n Kennisgewing waarin Zuma te kenne gee dat hy teen die uitspraak van regter Elias Matojane in die hooggeregshof in Pretoria in Desember verlede jaar appèl aanteken, is pas in die appèlhof in Bloemfontein ingedien.
Matojane het in Desember bevind die besluit van die vorige kommissaris, Arthur Fraser, vroeg in September verlede jaar om Zuma op mediese parool uit te laat, is “irrasioneel, onwettig en ongrondwetlik”.