Oudpres. Jacob Zuma se korrupsiesaak in die hooggeregshof in Pietermaritzburg is Dinsdagoggend weer uitgestel.
Dit is omdat regter Mandisa Maya, president van die appèlhof, nog nie uitspraak gelewer het in Zuma se heroorwegingsaansoek nie.
Dié aansoek hou verband met Zuma se pogings om van adv. Billy Downer SC, staatsaanklaer, ontslae te raak.