Johannes Basson, sakeman van Irene, ry hier met sy 1937-Wolseley om The Oval, 'n park in die middel van Irene waar die Boere in die konsentrasiekamp teen die Britse soldate in die Anglo-Boereoorlog krieket gespeel het. Foto: Charles Smith
Die 1953-Austin skakel met ’n hoes en ’n proes aan en kom op ’n koelerige Hoëveldse oggend rukkerig aan die gang.
Hoe later hoe mooier, klink die ou Engelsman met sy swart pak as ons deur die pragtige strate van Irene ry. Die bruin klipmure om die huise blink ná die reën.
“Pwoeeeet! Pwoeeeeet!” druk Johannes Basson die ou kar se toeter as ons verby ’n wandelende egpaar ry.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.