Die gewilde werklikheidsreeks Die Real Housewives van Pretoria op kykNET het die afgelope seisoen vir hoogdrama voor en agter die skerms verskaf.
Die gemanikuurde sakevrou Mel Viljoen en haar statige man, Peet, eienaars van die plaaslike skoonheidsalongroep Tammy Taylor Nails, het veral opslae gemaak met hul skerp tonge.
Peet, oftewel die “sewende huisvrou” na wie daar skertsend verwys is, het onder meer die sakevrou Rhona Erasmus probeer wysmaak dat sy regsgraad baie “moeiliker en duurder” as haar onderwysgraad was.