Netwerk24 kan eksklusief die omvang van die Guptas se plundering in die Vrede-suiwelskandaal in die Vrystaat onthul.
’n Staat van die Vrystaatse regering wat bekom is, wys altesaam R334 202 652 is in minder as twee jaar van Julie 2014 tot April 2016 aan die Indiese maatskappy Estina oorbetaal.
Estina is die Guptas se maatskappy wat by die Vrede-bedrogspul betrokke was. Die state wys dat die Guptas se betrokkenheid by die Vrede-skema veel groter is as wat tot dusver bekend was.