Die twee individue agter die enorme #GuptaLeaks-skandaal was net “gewone Suid-Afrikaners” met geen politieke motief hoegenaamd nie.
Die twee het Woensdagmiddag in ’n video-onderhoud waarin hul gesigte verberg is, vertel hoe die skandaal hul lewe verander het. Een van hulle moes onder meer vir hul eie veiligheid verhuis – iets wat sy gesin teëgestaan het.
Die fluitjieblasers het in 2017 tienduisende e-posse aan die Daily Maverick uitgelek.