Oom Hendrik Susan, wat minder as ’n jaar ná die Anglo-Boereoorlog gebore is, was ’n vaderfiguur in die ligte musiekwêreld in Suid-Afrika.
Hy het met sy boereorkes kruis en dwars deur die land en ook die destydse Suidwes-Afrika gereis en musiek gemaak. Susan het die standaard van musiekuitvoerings verhoog.
Hy het ou melodieë opgediep en weer gewild gemaak. Maar bo alles het hy jong musiekmakers en komponiste opgelei en aangespoor om nuut te skep.