Drie dae van rou gaan afgekondig word nadat 11 babas Woensdag in die neonatale eenheid van ’n hospitaal in Senegal in ’n brand dood is.
Die voorlopige ondersoek dui daarop dat ’n kortsluiting tot die brand in die Aziz Sy Dabakh-hospitaal in Tivaouane – sowat 120 km oos van die hoofstad, Dakar – gelei het, het Abdoulaye Diouf Sarr, die land se minister van gesondheid, in ’n uitsending op die televisiestasie TFM gesê.
Sarr is in Genève vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Wêreldgesondheidsvergadering en sê hy gaan sy besoek kortknip en onmiddellik na Senegal terugkeer.