’n Jong Suid-Afrikaner is weens die Covid-19-pandemie een van vele wat vasgekeer in ’n vreemde land sit sonder ’n sent op haar naam.
Lauren Kroutz (20) is een van vyf Suid-Afrikaners wat in Lima, Peru, gestrand is nadat hulle deur die plaaslike ambassade van ander dele van die land na die stad vervoer is om ’n vlug terug huis toe te haal.
Twee weke is intussen verby sonder enige aanduiding van wanneer hulle die groen lig sal kry om na Suid-Afrika terug te keer nie.