’n Brand binne ’n tronk in die suidwestelike dele van Colombia het die lewens van minstens 51 gevangenes geëis.
Nóg 24 mense word weens die voorval in hospitale behandel, berig Reuters.
Die brand het volgens CNN Dinsdagoggend omstreeks 02:00 binne ’n tronk in die stad Tulua uitgebreek nadat ’n matras tydens ’n bakleiery aan die brand gesteek is.