’n Aardbewing van 4.8 het Saterdagoggend minstens drie mense se dood in Bali veroorsaak, het die soek-en-reddingsagentskap van Indonesië gesê.
Reuters berig dat die aardbewing die Karangasem- en Bangli-distrik aan die oostekant van die toerisme-eiland geskud het. Die soektog na nog oorlewendes is reeds afgelas, maar owerhede monitor die situasie.
’n Grondstorting wat deur die aardbewing veroorsaak is, het tot die dood van twee mense gelei, terwyl ’n driejarige meisie in die puin vasgekeer was en gesterf het.