Tot 1 000 mense is dood en 1 500 beseer in ’n kragtige aardbewing wat ’n landelike, bergagtige streek in die ooste van Afganistan Woensdagoggend vroeg getref het.
Associated Press berig dit word as een van die noodlottigste aardbewings in dekades beskou.
Die aardbewing wat 6,1 gemeet het, was 44 km van die stad Chost, naby die grens met Pakistan.