Die polisie in Thailand het vandeesweek vier anti-regeringsaktiviste in hegtenis geneem wat op 18 Julie betrokke was by ’n betoging wat tot ’n vlaag van studente-opstande in die land gelei het.
Drie van die aktiviste is Woensdag laat in hegtenis geneem en ’n kletsrymer, wat by die betoging opgetree het, is Donderdag vroeg aangekeer.
Die betogers eis ’n nuwe grondwet, ’n verkiesing en dat die regering bedank. Hulle dring ook daarop aan dat kritici van die regering nie vervolg word nie.