Ongeveer 70 toeriste wat sedert Donderdagoggend deur ’n groep inheemse betogers in die Amasone in Peru aangehou is, is Vrydag vrygelaat.
Die BBC berig die betogers het die boot aangehou uit protes teen ’n oliestorting in September vanjaar.
Die toeriste is ná onderhandelinge na ’n rivierboot oorgeplaas.