Die Hollywood-aktrise Anne Heche is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat haar motor in vlamme verswelg is ná ’n ongeluk.
Die ongeluk het Vrydagoggend in die Mar Vista-woonbuurt in Los Angeles, naby Heche se huis, gebeur.
Heche (53) is die voormalige lewensmaat van die komediant en geselsprogramaanbieder Ellen DeGeneres, en bekend om rolprente soos Donnie Brasco, Cedar Rapids en Psycho.