Australië gaan die afbeelding van koningin Elizabeth II op sy A$5-banknoot vervang met ’n nuwe ontwerp om die geskiedenis van sy inheemse kultuur te weerspieël en te eer, het die land se sentrale bank Donderdag gesê.
Hierdie besluit kom ná konsultasie met die federale regering, wat die verandering steun, sê die Reserwebank van Australië in ’n verklaring.
Die ander kant van die banknoot sal steeds die Australiese parlement uitbeeld.