Babas wat tydens die strengste Covid-19-inperkings gebore is, het teen een jaar oud minder ontwikkelingsmylpale bereik as babas wat voor die pandemie gebore is.
Die pandemiebabas het wel vinniger begin kruip, is in Ierse navorsing bevind, berig The Guardian.
Waarskynlik weens hul isolasie van ander mense bereik inperkingsbabas veral sekere sosiale kommunikasievaardighede stadiger, soos om hul eerste woord te sê, na ’n voorwerp te wys of totsiens te waai, berig WebMD.