Die hoof van Rusland se Wagner-huursoldaatgroep het vandeesweek daarop aanspraak gemaak dat sy magte die volle beheer oorgeneem het van die ooste van die Oekraïense stad Bachmoet, waar van die oorlog se bloedigste veldslae steeds woed.
As dit waar is, sou dit beteken dat Russiese magte byna die helfte van die stad beheer in hul duur veldtog om hul eerste groot oorwinning in etlike maande te verseker.
Die Oekraïense verdedigers bly egter op hul pos.