Die skuld vir die reuse-ontploffing in Beiroet se hawe moet in sy geheel voor die deur van korrupte amptenare gelê word.
Só sê Karim Traboulsi, redakteur van The New Arab, die Engelse weergawe van Al-Arabi al-Jadeed, ’n aanlyn Libanese nuusdiens wat Traboulsi van Brittanje bestuur.
Die ontploffing, met ’n seismiese omvang van 3,3, het die soort verwoesting gesaai wat gewoonlik met reuse-aardbewings geassosieer word, berig National Geographic. Minstens 130 mense is dood en meer as 5 000 beseer.