Claudette Halabi se bure het haar vir ’n uur lank uit die puin van haar huis hoor roep ná die reuse-ontploffing in Beiroet se hawe.
Sy is dood voordat hulle haar kon red.
“Ons het die gille bly hoor. Ek het haar stem gehoor, maar ons kon niks doen. Dit maak steeds seer,” het Johnny Chawand gesê.