Pres. Joe Biden van Amerika het glo planne om in 2024 weer as presidentskandidaat vir ’n herverkiesing te staan.
Dít het hy glo aan oudpres. Barack Obama gesê, berig The Hill, wat twee anonieme bronne aanhaal.
Dit is volgens hulle die onlangsste aanduiding dat hy waarskynlik vir ’n tweede termyn gaan staan – iets waaroor hy al voorheen in die openbaar gepraat het.