Pres. Joe Biden van die VSA het Woensdag voorspel dat Rusland Oekraïne sal inval – en gewaarsku Rusland sal duur vir ’n volskaalse inval betaal.
Hy het daarop gesinspeel dat ’n “mindere inval” moontlik minder ernstige gevolge vir Rusland kan inhou.
Biden se opmerkings op ’n nuuskonferensie by die Withuis het onsekerheid geskep oor die Weste se reaksie indien pres. Wladimir Poetin van Rusland opdrag gee dat Oekraïne binnegeval word. Dit het die Withuis genoop om later op sy stellings te reageer.