Pres. Joe Biden wil weer die gebruik van alle aanvalswapens in die VSA verbied.
Dit kom ná twee massa-skietvoorvalle in Kalifornië, berig Fox News.
Minstens sewe mense is Maandag dood in ’n skietery op twee plase in die kusstad Half Moon Bay skaars twee dae nadat 11 mense in ’n massa-skietvoorval in Monterey Park doodgeskiet is.