Oudpres. Bill Clinton van Amerika is reeds twee dae in die hospitaal weens ’n infeksie wat nie met Covid-19 verband hou nie.
Sy woordvoerder, Angel Ureña, sê in ’n verklaring wat Donderdagaand uitgereik is Clinton (75) ontvang reeds vir twee dae behandeling in die University of California Irvine Medical Center.
“Hy is besig om gesond te word, in goeie luim en ongelooflik dankbaar vir die dokters, verpleërs en personeel wat uitstekende sorg aan hom verskaf,” lui die verklaring.